Information on Depression

Depression must be treated. “Get H”, means get HELP!! All emergency call lines are listed. Lundbeck have a very interesting support program, “MY SUPPORT” for patients and their families. To get involved in the program contact your GP , or LUNDBECK. All state hospitals and clinics are listed. To private psychiatric units in Pretoria are listed. NEVER IGNORE a suicide threat or attempt- GET HELP! SADAG, South African Depression and Anxiety Group is an excellent resource and all so their website, www.sadag.org.  Depressed patients feels the one moment horrible and the next moment good, some days good and some days horrible. Spouses and families can get involve in support groups organized through SADAG to support every one involve. Medihelp have an wonderful DVD series, please visit their website or contact them. Depression can be successfully addressed through important information, care, support and lots of love.


 

Notas van Chrisanette Erasmus

Depressie is ‘n onkruid en dit MOET wortel en tak uitgeroei word, maar onwetend voed ons hierdie vyand. Ons gee al ons aandag hieraan. Depressie rank jou toe, versmoor jou en begin jou isoleer van almal en alles rondom jou. Jy bou ‘n muur of kokon rondom jou om jou nog verder te isoleer en jy verloor beheer oor jouself en depressie neem beheer oor jou lewe.

Depressie het ‘n negatiewe uitwerking op elke faset van jou menswees. Elke verhouding word negatief beïnvloed, verhoudinge met jou gesin, familie, vriende, werksmense en die Here.

Depressie is ‘n parasiet en neem alles van jou, jou energie, jou deursettingsvermoë, jou wilskrag, konsentrasie, entoesiasme, emosionele beheer, sosiale betrokkenheid, slaap, eetlus. Jy ken jouself nie meer nie en jy LEWE nie meer nie jy bestaan net. Jy verloor totaal beheer oor jou lewe en depressie is in beheer. Jy MOET weer in beheer kom en hierdie is ‘n WILSBESLUIT en jy gaan hierdie onkruid wortel entak uitroei.

Simptome Van Depressie

Jy beleef jouself as ‘anders’. Dit voel asof jy anders optree, anders dink. Jy ken jouself nie meer nie, selfs ander sê hulle ken jou nie meer nie.

‘n Gevoel van neerslagtigheid. Hierdie gevoel kan altyd daar wees of kan kom en gaan.

Bekommernis. Jy bekommer jou oor alles wat met jou in die verlede gebeur het en negatiewe ervarings speel hier ‘n groot rol maar ook wat gaan gebeur in die toekoms, die sê-nou-maar-net situasies.

Konsentrasie verlies. Jy vergeet maklik en dit het nie te doen met ouderdom nie. Jy moet bv. iets in die badkamer gaan kry. Jy kom daar en weet nie wat jy moes kom kry nie. Jy lees maar kom aan die einde van die bladsy en het nie ‘n idee wat jy gelees het nie.

Fisiese simptome. Moegheid. Al slaap jy 10 tot 50 uur aanmekaar, bly jy steeds moeg. Jy voel lusteloos, reageer stadiger, kom nie deur jou werk nie, neem werk huistoe maar doen dit nie. Jy sug baie.

  • Slaappatroon verander. Jy slaap of baie of min. Sukkel om aan die slaap te raak of word in die middel van die nag wakker, lê en rondrol en bekommer of jy word baie vroeg in die oggend wakker en kan nie weer slaap nie. Kry nagmerries, onsamehangende drome of nagvrese.
  • Eetlus mag minder of meer wees. Indien jy gewig optel, is dit ‘n verdere brom van bekommernis.
  • Vrese. Bang vir die dood, mense, situasies en dit kan aanleiding gee tot paniekaanvalle. Hiperventilasie, hartkloppings is algemeen.
  • Pyne. Spierpyne, spierspasmas, pyn op die krop van jou maag, naarheid, duisligheid, hoofpyne. Jy voel bewerig, jou bloeddruk mag styg, oormatige sweet en dit voel asof jy nie meer so goed kan sien nie. ‘n Veluitslag mag met tye voorkom.

Swak emosionele beheer.

  • Raak maklik bewoë en huil vir die geringste.
  • Geirriteerdheid wat aanleiding gee tot rusies.
  • Woedeuitbarstings (en dis nie soos jy gewoonlik optree nie)
  • Afgestomptheid en apatie. ‘n Gevoel van ‘kan-nie-omgee-nie’.
  • Fyngevoeligheid. Mense maak grappies en jy neem dit ernstig op.

Verlies aan entoesiasme. Jy is lus vir niks, sien kans vir niks en die lewe is nie meer pret nie.

Ontrekking, afsydigheid en onbetrokkenheid. Depressie is ‘n ontrekking uit die lewe. Jy wil net by die huis bly of dalk net in jou bed wees, jy kan ‘n kluisenaar raak. Jy onttrek jou in geselskap en weet nie waaroor mense gesels nie. Slaap, alkohol, werk, geloofstwyfel en selfmoord is verskillende fasette van onttrekking.

Onsekerheid omtrent jouself. Jy voel hopeloos, hulpeloos, magteloos, moedeloos, nutteloos, besluitloos. Jy raak wantrouig, agterdogtig en twyfel aan alles en almal.

Geloofstwyfel. Dit voel of jy kontak met die Here verloor het, so asof hy van jou vergeet het en dit dra by tot ‘n gevoel van ‘’n nikswerd mislukking’. Jy bid maar jy hoor jou stem in jou ore. Lees Psalm 139 om te besef hoe goed die Here jou ken.

Negatiwiteit. Jy voel negatief oor alles en almal en vind fout.

Kommunikasie neem af. Jy raak stiller en stiller en het naderhand niks waaroor jy kan gesels nie of kommunikasie verloop op ‘n negatiewe vlak.

Jy is heeldag besig maar voltooi niks. Jy vat en los, vat en los. Alles word half gedoen en jy voel ‘n mislukking. Jy is lus vir niks en alles word verwaarloos. (huis, werk, gesin, verhoudinge)

Jou voorkoms verwaarloos. Jy doen net die nodige, om te bad of stort word ‘n sleur. Jy tel gewig op of verloor gewig en jy is geneig om donker klere te dra omdat dit is hoe jy voel.

‘n Gejaagde gevoel neem besit van jou. Jy beweeg doelloos rond of ry vir ure sonder om jou werklike bestemming te bereik.

Paniekaanvalle. Jy raak bang vir alles. Alles raak te veel. Bang om alleen te wees, bang vir mense. Jy is gedurig besig met een of ander konflik in jou gedagtes, bang om dood te gaan en terselfdertyd bang om te lewe.

Seksuele behoeftes neem af. Jy begin twyfel aan jou huweliksmaat, is hy nog lief vir jou of is jy nog lief vir hom.

Selfmoordgedagtes, selfmoordbeplannings en selfmoordpogings.


 

Wanneer ons onsself met negatiewe ladings laai, voed ons depressie, depressie word oorweldigend groot en neem jou hele lewe oor. Hoe voed ons depressie?

Negatiewe ladings

Deur met jouself te gesels
Jou gedagtes maal in jou kop en dit vorm ‘n maalkolk en daar is net een rigting in ‘n maalkolk en dis AF in die put van depressie. Jy baklei met jouself en ander. Jy oortuig jouself dat jy niks beteken nie. Jy probeer antwoorde kry op 100 en 1 vrae en jy vra dit oor en oor. Wanneer jy begin gesels met jouself, voel jy binne 3 minute depressief. Hierdie is die wonderlikste voedsel vir depressie, die sjampanje, kaviaar, kreef ens. of stapelvoedsel vir hierdie vyand.

Bekommernis
Jy leef in die verlede en bring al die probleme na die hede, jy leef in die toekoms en begin nou al bekommerd wees oor iets wat in die volgende 5 jaar dalk kan gebeur. Daar is so’n oorlading van bekommernis dat jy nie krag het vir vandag nie en ook nie aandag kan gee aan dinge van vandag nie. Jy LEEF nie, jy BESTAAN net!

Onttrekking
Onttrekking kan fisies of psigies wees. Jy bly by die huis en verkies jou eie geselsskap. (‘I, me and myself’ ) of jy wil nie by die huis wees nie. Jy verval so in jou eie gedagtes dat jy nie deelneem aan ander gesprekke nie. Jy wil nie die deurklokkie of die telefoon antwoord nie, jy sien op om te bad, te stort of om elke dag skoon aan te trek. ONTHOU, jy verkeer in baie slegte geselsskap wanneer jy met jouself gesels, jy gesels nie met jouself nie maar met hierdie vyand wat hom tuismaak in jou.

Gedagtes wat opkrop en vermeerder
Jy kan met niemand gesels oor hierdie gedagtes nie omdat dit baie keer gedagtes is van selfmoord. (as dit is hoe my lewe gaan wees vir die res van my lewe, sien ek nie kans daarvoor nie). Op hierdie wyse voed jy depressie. Geïrriteerdheid vier hoogty. Almal en alles irriteer jou en wanneer jy dit uitleef, voel jy skuldig en na ‘n tyd, glad nie meer skuldig nie.

  • Die luister na depressiewe musiek is kos vir depressie.
  • Jy gee jou oor aan selfbejammering.
  • Deur jouself minderwaardig te ag. Jy glo nie meer in jouself nie, jy gaan nooit weer sukses behaal nie, jy wil nie uitdagings aanvaar nie.
  • Jy maak negatiewe opmerkings. Jy raak katterig, gee skewe antwoorde, is mislik met ander. Jy voel skuldig omdat dit nie is soos wat jy gewoonlik optree nie. Jy stoot mense weg deur jou optrede en j voel skuldig.
  • Probleme wat ontstaan as gevolg van fyngevoeligheid.
  • Probleme uitstel. Dit hoop op en op en op en bereik ‘n punt waar jy sê ‘ek kan nie meer nie’. Alles raak net te veel.
  • Jy gee nie aandag aan jouself nie, jy verwaarloos jouself. Jy voel oud en afgeleef en trek ‘n sweetpak aan en leef daarin. Die huis en werk verwaarloos.
  • Skuldgevoelens. Jy voel skuldig oor alles en almal. Dit wat jy sê of nie sê nie, dit wat jy doen of nie doen nie. Jy voel skuldig omdat jy nie meer Stiltetyd hou nie, jy nie meer gaan kuier nie, jy nie deur jou werk kom nie, jy jou gesin verwaarloos, jy jou humeur verloor, jy nie deur jou werk kom nie, of net omdat jy leef. Jy eien al die skuld jouself toe.

Daar is baie ander wyses waarop ons depressie voed. Doen selfondersoek en maak notas asb.

Met die aanvang van depressie word jou leefwêreld kleiner en kleiner. Jy verloor detail langs die pad en naderhand is jy die enigste wat jou wêreld vul. Jou wêreld word so klein en jy begin onseker en onveilig voel dat jy jouself onttrek in jouself en jy raak selfgesentreerd (nie selfsugtig nie)

Simbool van die skilpad. Wanneer sy kop uit is kan hy sien, hoor, ruik, voel, dink en loop maar met ‘n krisis trek hy sy kop en voete in homself in en is hy gevange in homself. Is dit nie soos onsself is nie. En ons is geneig om die dop om ons baie dik te bou om ons te beskerm en ons fokus na binne en verloor perspektief.

 

Deur jouself met positiewe ladings te laai, verklaar jy oorlog teen depressie. Onthou depressie is ‘n vyand en hoe beter jy hierdie vyand ken, hoe groter is die versekering van oorwinning in hierdie stryd. Jy gaan jou wêreld weer vergroot en jy word weer deel van alles rondom jou en jy word weer die mens wat jy en ander geken het. Jy fokus na buite en is weer in beheer.

Die verskil tussen ‘n persoon wat depressief is en ander wat nie depressief is nie, is die fokuspunt. Die depressiewe persoon fokus na binne en die ander mense wat nie depressief is nie, fokus na buite en sien alles raak rondom hulle . (Bome, bosse, huise, karre, kinders, honde, katte ens)

Positiewe Ladings

Dit voel asof jy vasgevang is in ‘n tronk. Die voorstelle is soos sleutels om uit die tronk te kom. Die voorstelle wat gemaak word , is dinge wat jy gedoen het maar nie meer doen nie. Dis gewone allerdaagse dinge wat jy gedoen het maar nie regtig van bewus was nie soos bv.:

Begin deur al jou sintuie te gebruik. Hoor en luister na musiek, ruik reën, sien en kyk hoe wonderlik die wêreld is rondom jou. Wanneer jy in die oggend wakker word, luister na 6 geluide en jy verplaas jou in ‘n wêreld rondom jou (buite jouself) Ruik en proe koffie, voel hoe warm is die beker. Wees elke oomblik van die dag bewus van dit wat jy doen bv. tande borsel, dit wat jy eet, word weer bewus van jouself. Moet nie in ‘auto pilot’ gaan nie.

Moenie met jouself gesels nie. Wanneer jy dit regkry is jy 80% in beheer vam jouself – gee mens bietjie moed ne! Doen die volgende om jou gedagtes hok te slaan:

  • Radio
  • Kyk TV, wees BUITE jouself wanneer jy TV kyk. Indien dit jou nie interesseer nie (gebeur nogal dikwels) doen iets anders wat jou gedagtes besig hou bv. bou legkaart, blokkiesraaisels, lees ‘n tydskrif of blaai net deur en lees die onderskrifte
  • Kyk rondom jou en sien, hoor alles rondom jou en word weer deel van die groter wêreld rondom jou.
  • Kyk na mense, wat hulle aantrek, die klere en kleure, juwele ens
  • Indien daar ‘n probleem is waarvoor jy nie kans sien nie, skryf dit neer en plak dit teen ‘n strategiese plek en gee aandag daaraan wanneer jy weer in beheer is en glo my jy GAAN weer in beheer wees.

Leef een dag op ‘n keer. Wanneer jy gister en môre leef, gebruik jy al die krag wat jy kry vir vandag en verdeel dit tussen die gisters en die môres en dit het tot die gevolg dat jy vandag BESTAAN. (1Kor. 10 vers 13.) Gebruik al jou krag vir vandag en jy sal vind dat geen probleme te groot sal wees nie. Matt. 6:26 sê deur jou te bekommer kan jy nie ‘n el by jou lengte voeg nie, Lukas sê jy kan nie ‘n uur by jou dag voeg nie. ‘Gee ons vandag ons Daagliks Brood’ bid ons in die Onse Vader. ‘Build a little fence of trust around today, fill the space with loving word and therein stay. Do not look through the sheltering bars upon tomorrow because God will help thee bear what comes of joy or sorrow’

Moet nie jouself onttrek nie. Reik uit na ander, gaan kuier al wil jy nie regtig gaan nie. Onthou wanneer jy bly, voed jy depressie.

Neem deel aan fisiese oefening bv. stap om die blok, besoek weer die gym., draf, doen dinge wat jy gedoen het (mense sê ‘ek het altyd gedraf, gestap ens. Nie nou meer nie’)

Pak 3 tot 6 doelwitte daagliks aan. Op hierdie wyse skakel jy irritasies uit bv. pak laaie reg wat deurmekaar is, werk ‘n knoop aan, vervang die stukkende gloeilamp. Doen MOET- dinge voordat jy WIL- dinge doen. Beloon jouself met wildoen dinge soos die beoefening van ‘n stokperdjie.

Spandeer tyd aan jouself SONDER on skuldig te voel. Gewoonlik is persone wat depressief raak ‘pleasers’. Hulle wil ander gelukkig en tevrede hou ten koste van hulleself. Hulle gee en gee en gee en hul reserwes raak klaar en hulle raak emosioneel bankrot. Wanneer ons na die 2e gebod kyk is daar ‘n balans tussen die naaste en jy. ‘Jy moet jou naaste so lief hê soos jouself’. Gewoonlik lees die tweede gebod vir ‘n pleaser as volg: ‘Jy moet jou naaste liewer hê as jouself’! Die liefde wat jy vir jouself moet hê, is nie ‘n egoïstiese liefde nie, maar ‘n omgee, kyk-na, oppassende en beskermende liefde. (‘He wants to be everybody’s darling but he is everybody’fool’) Plaas ‘n deposito in jou emosionele bank en bou weer jou reserwes op, op die wyse. Gaan weg vir ‘n naweek, lees ‘n heerlike boek, gaan speel saammet vriende golf, sit ‘n dag opsy net vir jouself.

Leer om ‘selfsugtig’ te wees. Leer om NEE te sê. Sê steeds ja wanneer jy tyd het of lus om dit te doen, maar wanneer jy nie tyd het nie of nie lus is nie, sê NEE. Jy is meer in beheer wanneer jy ‘n keuse het tussen JA of NEE. In die verlede het jy geen keuse gehad nie, maar nou wel.

Die uitpraat van gevoelens is baie belangrik. Moet nie opkrop nie. Maak ‘n positiewe keuse wanneer dit by gedagtes kom.

Sluit by ‘n groep aan. Jy het talente, begin dit ontgin.

Herorganiseer jou lewe. Delegeer jou verantwoordelikhede en spandeer op hierdie wyse meer tyd aan jouself.

Hanteer probleme onmiddellik. Moenie uitstel nie, probleme gaan verseker ophoop en dit kan lei tot moedeloosheid wat dalk weer kan lei tot depressie.

Skakel skuldgevoelens uit.

Spandeer meer tyd aan jou voorkoms. Wanneer jy voor ‘n spieël verbystap en jy lyk goed, voel jy goed. Die teenoorgestelde is ook waar. Verander wat jy kan bv. jou haarkleur ens. Aanvaar dit wat jy nie kan verander nie en leef daarmee saam.

Aanvaar die verantwoordelikheid van jou lewe. Jy is verantwoordelik daarvoor. Jy beskik oor die vermoë om dinge te verander en sodra jy die besluit geneem het, gaan jou lewe positief verander. Jy kan keuses maak. (Viktor Frankl.)

Herken die simptome van depressie in jouself en tree op met die eerste gewaarwording van selfgesprekke. Teneergedruktheid is nie noodwendig een van die eerste simptome nie, maar negatiewe selfgesprekke.


Chrisanette Erasmus
Kliniese Sielkundige / Clinical Psychologist
Posbus 501, Middelburg, 1050
Tel 013 2827214
Fax 013 2827773
E Pos/E mail: mtherapy@mweb.co.za.